|
Advanced search
Previous page
 |
Title
Dra die keiser klere?: diskresie en wetteloosheid in strafregspleging - quo vadis Suid-Afrika? |
Full text
http://hdl.handle.net/10210/1578 |
Date
2008 |
Author(s)
De Villiers, D.S. |
Abstract
Inaugural lecture--Department of Public Law, Rand Afrikaans University, 7 May 1997 - Die volkome regulering van menslike optrede deur voorgeskrewe reels en wetgewing is totaal onmoontlik. Die onafwendbare gevolg is dat daar aan regsprekers (regters en landdroste) 'n diskresie verleen word wat op verskillende stadiums van byvoorbeeld 'n strafsaak ter sprake kom "Discretion begins where law ends." Die diskresie waaroor regsprekers beskik om getuienis toelaatbaar of ontoelaatbaar te reel, kry veral die afgelope tyd besondere aandag. Die invloed wat die nuwe grondwet, (in die besonder die handves van regte), op die diskresie-uitoefening het, word gemanifesteer in die groot aantal hofbeslissings wat in die laaste paar jaar hieroor gehandel het. Weens die ongekende vlaag van misdaad en die gemeenskap se dringende noodroep op beter beskerming, word regsprekers se optrede, meer as ooit tevore onder die vergrootglas geplaas. Die persepsie bestaan dat die strafregspleging-stelsel in Suid-Afrika besig is om in duie te stort en die besondere klem wat die regte van die aangeklaagde kry, dra dikwels die blaam. Elke regspreker behoort te streef na die handhawing van 'n gesonde balans tussen die beskerming van die individu en die aandrang van die gemeenskap dat misdaad onder beheer gebring moet word. Indien misdadigers byvoorbeeld weens tegniese redes vrygespreek sou word, sal 'n persepsie dat die grondwet misdadigers beskerm ten koste van die gemeenskap, bly voortbestaan. |
Subject(s)
Judicial discretion; Criminal litigation; Discretion and lawlessness |
Language
afr |
Type of publication
Inaugural |
Rights
University of Johannesburg |
Repository
Johannesburg - University of Johannesburg
|
Added to C-A: 2014-05-15;14:09:40 |
© Connecting-Africa 2004-2023 | Last update: Tuesday, October 3, 2023 |
Webmaster
|